Die visie is om die regte skool vir jou kind te skep waar ons waardegedrewe en uitnemende opvoeding nastreef ten einde almal se potensiaal te laat realiseer.
Die doelstellings en/of missie van hierdie Beheerliggaam is om waar redelikerwys moontlik, elke kind blootstelling te gee aan akademie, sport, kulturele en sosiale aktiwiteite en elke kind te onderrig, sodat hy/sy kan ontwikkel met betrekking tot voorgemelde aktiwiteite tot die beste van sy/haar vermoë en daardeur wil die beheerliggaam verseker dat die persepsie dat hierdie skool ‘n wenskool is, uitgebou word na ‘n daaropvolgende vlak van kampioenskool sonder dat enigeen sy/haar verantwoordelikheid teenoor minderjariges ignoreer.