Waar drome begin en

toekoms gebou word

Akademie

By Schoemies glo ons dat elke kind waardevol is en daarom lê ons van Graad R af ’n stewige grondslag om hulle voor te berei om eendag hul plek in die samelewing volwaardig in te neem.

Ons streef daarna om gelukkige kinders te kweek deur hul holistiese ontwikkeling te ondersteun en te koester.

Grondslagfase

Hier fokus ons op praktiese leerervarings, aangesien kinders die meeste onthou van wat hulle self “sê” en “doen.” Elke graad in die Grondslagfase is ’n waardevolle bousteen, wat saamwerk om ’n sterk en stabiele fondasie te lê vir toekomstige sukses.

Ons bied die volgende vakke aan vir ons Grondslagfase-leerders:

Intermediêre en Senior Fase

Hier fokus ons op akademiese uitnemendheid, kritiese denke en selfstandige leer. Ons bied leerders die nodige vaardighede en kennis om hul hoërskoolloopbaan met selfvertroue aan te pak en hul plek in ’n steeds veranderende wêreld vol te staan.

Ons bied die volgende vakke aan vir ons Intermediêre
en Senior fase - leerders:

Kontak Ons