Schoemies
Hartklop
Die Hartklop van ons Schoemie Gemeenskap
By Die Hartklop klop ons harte saam vir mekaar. Ons is hier om te help, om ‘n verskil te maak en om seker te maak dat geen maatjie sonder hulp bly nie.
Ons klerewinkel bied netjiese, kwaliteit tweedehandse skoolklere vir enige maatjie wat dit nodig het. Of dit nou ‘n skoolhemp, ‘n broek, ‘n romp, ‘n baadjie of sport drag is – ons maak seker dat elke kind met trots skool toe kan gaan.
Maar ons gee nie net klere nie – ons gee ook om. Ons voorsien broodjies aan ons Hartklop-maats, ondersteun gesinne in nood en werk saam om ons gemeenskap sterker te maak.
Wil jy help? Enige iemand is welkom om betrokke te raak! As jou kind se skoolklere/sportklere te klein is of as daar sporttoeristing is wat nie meer gebruik word nie, oorweeg dit om dit vir ‘n maatjie te skenk wat dit broodnodig het.
Jou skenking kan ‘n verskil maak!
Kontak ons gerus om uit te vind hoe jy Die Hartklop kan help klop.
Winkeltye
Kom loer gerus!

- Maandae: 07:15 - 08:30
- Dinsdae: 07:15 - 08:30
- Woensdae: 12:30 - 13:30
- Donderdae: 07:15 - 08:30
- Vrydae: 07:15 - 08:30

Kontak Ons
- Kantoor ure: 07:15 - 13:30
- Maandae tot Vrydae