Groei met trots,
leer met passie
Belangrikeskakels
Skoolure
-
Graad R:
07:15 – 12:45 -
Graad 1 en 2:
07:15 – 13:00 -
Graad 3:
07:15 – 13:15 -
Graad 4 tot 7:
07:15 – 13:30
Die Geskiedenis
Tydens die bou van die dam, was die meeste werkers gevestig in kampe aan die Ooste- en Westekant van die damwal. Naby Silkaatsnek was ook twee kampe vir die werkers wat die pad oor Silkaatsnek gebou het. In elke kamp was daar voorsiening gemaak vir ‘n tydelike skool vir die werkers se kinders en elke skooltjie was gebou van hout en klip.
Die skooltjies het bekend gestaan as Kampskole; elkeen met sy eie skoolhoof. Met die voltooiïng van die dam in 1924, is al die kampe opgebreek en het die skole verdwyn, behalwe Hartbees North School soos dit destyds genoem is. Hierdie skool was gehuisves in een van die Skema se tydelike geboue onderkant die wal en is in 1924 herdoop na Hartbeest Laerskool. In Desember 1953 is die skool permanent gesluit en oorgeplaas na Schoemansville waar die Laerskool Genl. Hendrik Schoeman vandag staan.
Laerskool Genl. Hendrik Schoeman het sy naam verkry van Genl. Hendrik Schoeman wat die eerste eienaar van die plaas Hartbeespoort was. Sy seun, Johan Schoeman, het die dorp Schoemansville uitgelê in 1923 en het toe die grond geskenk waarop die skool vandag staan.
Laerskool Genl. Hendrik Schoeman het op 12 Januarie 1954 amptelik geopen met 189 leerlinge en 6 personeellede. Dr. B.P. Botha was die eerste skoolhoof. Op 22 Oktober 1954 is die skool geopen deur die destydse Direkteur van Onderwys, Dr. A.H. du P. van Wyk. Op daardie stadium het die skool bestaan uit vyf klaskamers en kantoorgeriewe.

Kontak Ons
- Kantoor ure: 07:15 - 13:30
- Maandae tot Vrydae