
Menu
Gee jou Gr. R kind ‘n sterk fondasie
by Schoemieland!
By Schoemieland bied ons ‘n omvattende en stimulerende program aan wat spesifiek ontwerp is om u kind se Graad R-jaar aangenaam en leersaam te maak. Ons skep ‘n liefde vir leer terwyl ons leerders help om hul volle potensiaal te bereik.
Aanpassing en Vertroudheid
Vertroudheid met die skool:
Kinders raak bekend met die skool en sy omgewing, wat die oorgang na Graad 1 makliker maak.
Daaglikse roetine:
Kinders leer hoe om gemaklik met die skool se daaglikse roetine te werk.
Identifisering met die skoolomgewing:
Graad R-leerders neem deel aan opvoedkundige aktiwiteite wat hulle help om met die skool te identifiseer.
Unieke Aktiwiteite en Geleenthede
Musiekklasse:
Een keer per week geniet leerders musiekaktiwiteite om kreatiwiteit en musiekbewustheid te bevorder.
Sportprogramme:
- Welpie-rugby (middagaktiwiteit)
- Mini-netbal (middagaktiwiteit)
- Mini-atletiekdag: ‘n Spesiale dag net vir Graad R-leerders.
“Winkeltjiedag”
Elke Graad R-klas kry ‘n beurt om hul eie “winkel” vir hul maats te hou, wat entrepreneurskap en sosiale interaksie bevorder.
Blootstelling aan Kultuur
- Koor
- Konsert
- Spreekkoor

Kontak Ons
- Kantoor ure: 07:15 - 13:30
- Maandae tot Vrydae